Quantcast
Channel: paadjies skei
Viewing all 37 articles
Browse latest View live

7 stappe tot ’n effektiewe begroting

$
0
0
begroting

Werk jy op ’n begroting maar spandeer nog steeds meer as wat jy moet? Is “begroting” iets wat jou moed in jou skoene laat sak ... Ons leer by finansiële ghoeroe Dave Ramsey iets oor begroting.

Vir baie mense is ’n budget net ’n groot kopseer. Jy beplan, en begroot ... en dan gebeur die lewe. Dave Ramsey, van die bekende program The Dave Ramsey Show, het reeds miljoene mense regoor die wêreld uit hulle finansiële verknorsing gehelp. Sy koevertsisteem (envelope system) is ’n doelgerigte manier om jou te help om jou begroting op te stel én daarby te bly.

Dave Ramsey se koevertsisteem is jou finansiële redding

dave_ramsey.pngHet jou ouma ook hulle geld in koeverte gebêre? In die ou dae het mense hulle geld opgedeel om maandelikse uitgawes beter te beheer, maar in vandag se kaart-swipe kultuur is dit iets van die verlede. Hoe maklik is dit nie om jou “plastiek” geld uit te haal elke keer as jy iets betaal nie. Of dit nou op krediet is, of nie, deur met jou kaart te betaal maak dit die realiteit ’n bietjie sagter ... die besef van hoeveel geld uit jou sak vloei kom eers heelwat later, en gewoonlik met ’n groot skok!
Dave se envelope system is ’n belangrike deel van sy Total Money Makeover plan. Hier is ’n basiese grondslag om so ’n sisteem te begin en jou begroting ’n kraginspuiting te gee.

1. Begroot elke salaris in die fynste detail

Begroting is vir meeste mense ’n onaangename woord, maar om sukses te behaal met jou koeverte moet jy tot die laaste sent begroot. ’n Mens is maklik geneig om geld te spandeer op nietighede, en teen die einde van die maand staan jy verstom dat jou rekening leeg is!

2. Deel jou geld op om dit beter te beheer

Bepaal wat jy alles uit jou sak uit betaal per maand. Maak kategorieë soos petrol, kos, klere en vermaak. Daar is natuurlik sekere items op jou begroting wat jy elektronies betaal en jy kan uiteraard nie hierdie geld in koeverte sit nie. Maar sover as wat jy kan, deel jou geld op wat nie per debietorder afgetrek word nie.

3. Maak jou koeverte vol

Nadat jy jou uitgawes in kategorieë verdeel het, sit die aangeduide bedrag in elke koevert. As jy byvoorbeeld R500 vir klere begroot het, sit nou daardie R500 in jou “Klere” koevertjie.

4. Wanneer dit op is, is dit op

Hier kom die trick ... Wanneer jy al die geld in ’n spesifieke koevert gespandeer het, is jy klaar met daardie groepie vir die maand. Met ander woorde, jou koevertjie is leeg, dis finish en klaar. Jy mag níé by die OTM nog geld trek of met jou kaart betaal nie. Maak dus seker jy het genoeg geld uitgesit vir dinge soos kos en petrol. ’n Mens is geneig om te min vir veral kos te begroot.

5. Moenie in versoeking gestel word nie

Jy mag dalk redeneer dat jou debietkaart nie skuld maak soos ’n kredietkaart nie, maar daar is iets sielkundig wat dit moeiliker maak om kontant te spandeer as om jou kaart te gebruik. As jy dit ’n gewoonte kan maak om eerder kontant te gebruik, sal jy minder geneig wees om te veel geld uit te gee.

6. Rond jou koevertsisteem oor tyd af

Moenie sommer moed opgee as jy na ’n maand of twee nog nie jou begroting heeltemal reggekry het nie. As jy vasbyt en deurdruk sal jy wel sien hoe hierdie sisteem jou geldsake regruk.

7. Maak tyd vir pret ook!

Moenie vir jouself ’n wet maak wat sê jy mag nie ook geld uithou vir lekker dinge nie. As jy en manlief saamstem, of as jy voel jou begroting kan dit hanteer, maak gerus ’n “Pret”-koevertjie. Hierdie geld kan vir enigiets gebruik word buite die normale. Om goed met geld te werk hoef nie ’n nagmerrie te wees nie.

As jy meer wil lees oor Dave Ramsey en sy Total Money Makeover plan, gaan na www.daveramsey.com. Hy het ook ’n baie interessante, en effektiewe, manier om jou skuldvry te maak. goue-kettinkie.pngDis beslis die moeite werd om jou kopsere oor geld iets van die verlede te maak!

Bron: www.daveramsey.com

WEN!

Jy is so te sê gereed vir jou en manlief se date night. Al wat kortkom, is iets asemrowends om jou nek ... Skryf sommer nou in om ’n pragtige juweelstuk uit die Essentials-reeks ter waarde van byna R500 te wen. (Vul jou besonderhede hieronder in)

Slide Show Title: 

Koeverte kan jou
geld spaar!

Slide Show Intro: 

7 stappe tot ’n
effektiewe begroting

Deel/Stuur

Is lojaliteitsprogramme die moeite werd?

$
0
0
inkopies

Natuurlik wil jy elke sent spaar wat jy kan ... maar doen jy regtig? Elke winkel het deesdae een of ander lojaliteitsprogram – laat dit jou regtig spaar?

Watter tipe programme is daar?

STEMPELSHierdie is die eenvoudigste en bestaan al lank. Elke keer wat jy ʼn roomys by ʼn sekere stalletjie koop, word ʼn stempel op jou kaartjie gedruk. As jy tien gekoop het, kry jy een verniet.

KOEPONS Afslagbewyse is ook al so oud soos die berge – maar Checkers het dit ’n nuwe gesig gegee. Jy hoef nie meer ’n papiertjie uit te knip nie! Jy kry die koepons op jou selfoon, sleutel jou kode by die betaalpunt in en siedaar! Jy spaar R50 (of hoeveel ook al) ... Dis eenvoudig om die program op jou foon af te laai en jy kry een kode vir al die koepons wat jy gebruik. Hulle noem dit EeziCoupons – ’n blink idee!

KOOPBEWYS Afhangende van hoeveel jy spandeer, kry jy ’n koopbewys vir jou volgende aankope. Clicks se ClubCard is seker die grootse wat koopbewyse betref. Die gesukkel is net dat hulle eers lank ná jou aankope vir jou die koopbewys stuur. The Focshini Group doen dit dadelik! Gemeet aan hoeveel jy spandeer, kry jy dadelik ’n koopbewys saam met jou betaalstrokie wat jy met jou volgende aankope kan gebruik.

AFSLAG Met Woolworths se WRewards kry jy onmiddellik afslag op sekere produkte. Daar is ook verskillende tipes WRewards kaarte – hoe meer jy spandeer, hoe groter is die afslag. Wrewards-lede kry ook ander voordele soos eerste opsie op uitverkopings.

PUNTE Winkels soos Pick ’n Pay en Dischem gee vir jou punte soos wat jy koop. Die gemiddeld is dat een punt een sent werd is. So ’n 100 punte is R10. Jy moet ook dikwels ’n sekere aantal punte hê voordat jy dit kan omsit in “kontant” wat jy weer by die spesifieke winkel kan spandeer. Die tipe produk en hoeveelheid geld wat jy spandeer, bepaal die punte wat jy kry.

Hoe kies jy ʼn lojaliteitsprogram?

Tensy jy met honderde kaarte in jou handsak wil rondloop, moet jy ’n paar programme kies van winkels waar jy regtig baie aankope maak. Kenners voorspel dat selfoon apps binnekort die klomp plastiekkaarte gaan vervang (ons kan nie wag nie!) maar tot dan, vra die volgende vrae:

- Gaan dit jou iets kos?
- Hoeveel is die vergoeding werd? Wat gaan jy terugkry?
- Hoe lank gaan dit neem voordat jy iets terugkry?
- Wat is die beperking op vergoeding wat jy gaan kry?
- Hoe maklik is dit om jou vergoeding te gebruik?
- Is daar ander voordele?

Meeste banke en mediese fondse soos Discovery het ook lojaliteitsprogramme – sommige is baie kompleks met verskillende lae van vergoeding. Die heel beste is om met iemand daaroor te praat sodat jy kan agterkom wat dit jou gaan baat – elke verbruiker se gewoontes verskil.

Behalwe vir die vergoeding en beloning wat jy kry, help jy eintlik ook die verskaffers om ’n beter diens te lewer. Vir die eerste keer kan hulle nou presies sien wie koop wat, wanneer en waar. Op hierdie manier kan hulle sorg dat die regte produkte, op die regte plek en op die regte tyd beskikbaar is.

So, doen maar ’n bietjie moeite en kies vir jou ’n paar programme – if you can’t beat them, join them! Maak dit maklik en kry vir jou ’n aparte houertjie vir al die kaarte, los dit dan sommer in jou motor of in jou handsak. Want ongelukkig kan jy meestal nie voordeel trek as jy nie jou kaart by jou het nie! Behalwe nou met EeziCoupons ... ons is mal daaroor!!

Deel/Stuur

Bestuur jou geldsake beter hierdie jaar

$
0
0
spaar geld

Draai jy aan die begin van elke jaar jou sente om? Dan is dit tyd om voor te neem dat jy hierdie jaar jou finansies beter gaan bestuur. Hier is strategieë wat jou kerkmuis bestaan kan verander.

Weet jy wat op jou bankstate staan?

Lees jy elke maand noukeurig jou bankstaat deur of vergeet jy daarvan en gooi dit in die asblik?
Baie mense sit met aftrekorders waarvan hulle niks weet nie. Hulle spandeer dus elke maand onnodige geld wat eerder na hulle pensioenfonds kon gaan of aan skuld afbetaal kon word.”

Daarmee saam is daar ook dikwels verskuilde bankkoste op transaksies waarvan mense nie bewus is nie. Dis belangrik om bewus te wees wat jou bankkoste is op watter tipe transaksies, want so kan jy baie geld spaar.

Gaan deur jou bankstate aan die einde van elke maand. So tel jy probleme vroegtydig op. Dit kan jou ’n klomp geld spaar oor die lang termyn. As jou bankkostes te hoog is, kan jy dit oorweeg om van rekening of bank te verskuif, of om jou transaksies anders te doen. Lees ook die fyn skrif voor jy ’n nuwe rekening oopmaak om seker te maak daar wag nie enige verrassings nie.

Neem voor om jou finansiële kennis op te knap

Besoek die webtuiste www.ultimafp.co.za. Daar is ’n sakrekenaar wat uitwerk of jy genoeg geld spaar en bydra tot jou pensioenfonds en of jy genoeg groei daaruit kry.
As jy onseker is wat met jou pensioenfonds aangaan, kan jy met ’n finansiële beplanner daaroor gesels. ’n Finansiële beplanner sal ook kyk na jou risko profiel en bepaal of jy beleggings oor die lang termyn vir jou gaan werk.

Kyk weer na jou lewenspolisse en mediese fonds

As mens na die advertensies op televisie kyk, lyk dit of mens nooit genoeg lewensversekering kan hê nie. Hoe meer, hoe beter, reg?
Veral vir jong paartjies wat begin om skuld aan te gaan vir eiendom en karre is, is dit belangrik om genoeg lewensversekering te hê as een van hulle iets sou oorkom. Soos jy ouer word, kan te veel lewensversekering onnodig raak. Mense wat polisse verkoop werk op kommissie. Hoe meer polisse hulle dus verkoop, en hoe meer jy daarop spandeer, hoe meer geld maak hulle. Hulle het daarom nie altyd jou beste belange op die hart nie.

Dis ook belangrik om jou mediesefonds na te gaan, en te herevalueer of jy te min of te veel dekking het. Jonger mense het gewoonlik nie meer nodig as ’n hospitaalplan nie, maar soos jy ouer word, word ’n groter dekking nodig. Neem egter goed in ag soos jou familiegeskiedenis van siektes, jou gesondheid, jou stresvlakke en jou leefstyl gewoontes voor jy besluit op watter mediesefonds die beste vir jou gaan wees.

Neem voor om jou polisse na te gaan

Dis belangrik om te gaan sit en uitwerk hoeveel geld julle regtig nodig het, sou jy of jou man iets oorkom tot en met aftrede, en dan van die onnodige lewenspolisse ontslae te raak. Jy kan eerder die ekstra geld gebruik om jou pensioenfonds aan te vul. Volgens die maatskappy Insurance Busters kan jy jou lewensversekering premies heelwat verlaag deur op te hou rook, jou gewig te verminder en jou cholesterol en bloeddruk te verbeter. Dit kan jou duisende rande bespaar.

Weet jy of jy uitstaande skuld het?

Elke mens kan volgens wet een keer ’n jaar hulle krediet rekords onder oë kry. Baie mense besef nie dat hulle slegte skuld het nie. Dit kan vir hulle baie moeilikheid veroorsaak as hulle krediet nodig het om byvoorbeeld ’n huis of ’n kar te koop. Dus is dit baie belangrik om elke jaar jou krediet na te gaan en te sien of jy enige skuld het waarvan jy nie weet nie of wat jy dalk nie betaal het nie. Slegte skuld bly ook gewoonlik lank op jou naam, dus moet jou doelwit wees om jou skuld so gou as moontlik skoon te maak. Mense met slegte skuld kan gewoonlik steeds skuld maak, maar omdat hulle as ’n hoë risiko gesien word, betaal hulle gewoonlik baie meer rente.

Neem voor om jou skuld geskiedenis te ondersoek

Jy kan webtuistes soos www.mytransunion.co.za, www.experian.co.za en www.xds.co.za besoek om te sien of jou krediet rekord skoon is. Elke jaar is jy geregtig op een gratis krediet rekord. Ten spyte daarvan maak net 1% van mense daarvan gebruik. Die goeie nuus is dat 70% van mense wat hulle krediet rekords aanvra dit regkry om van ’n nadelige notering ontslae te raak. As jou naam in die rooi is, werk ’n plan uit sodat jy jou skuld so gou as moontlik kan afbetaal. Volgens Dee Lawler van TransUnion, is daar ’n verifikasie proses wat jy moet volg om te bepaal of dit rerig jy is. Dusk an jy nie iemand anders se krediet rekord aanvra nie. Jy moet ’n reeks vrae reg beantwoord oor inligting wat in jou krediet rekord vervat word. As jy slaag, kry jy toegang tot jou krediet rekord.
As jy nie die verifikasie slaag nie, word daar van jou verwag om Fica dokumentasie in te handig.”

As jy moeg is om elke jaar platsak te wees of jou dood te bekommer oor jou aftrede, is dit nou die tyd om beheer te neem van jou finansies. Lees finansiële publikasies, gaan sien ’n goeie raadgewer en raak ontslae van slegte skuld en onnodige polisse. So kry jy weer jou geldsake op koers.

Deel/Stuur

4 superslim geldbesluite vir 2014

$
0
0
geld bestuur

Draai jy aan die begin van elke jaar jou sente om? Dan het die tyd aangebreek om beheer oor jou finansies te neem. Hier is vier stappe wat ’n einde aan jou kerkmuisbestaan kan maak.

Volgens Gerrit Viljoen, finansiële adviseur by Ultima Financial Planning, kan dit jou selfs tot in Maart neem om na ’n spandabelrige vakansie finansieel te herstel.

“Hoe gouer jy beheer oor jou geldsake neem, hoe beter gaan jou finansiële keuses wees en hoe sterker jou finansies,” sê Gerrit.

1. Weet jy wat op jou bankstate staan?

Lees jy elke maand jou bankstaat noukeurig deur of gooi jy dit in die asblik en vergeet daarvan?

“Ek het self in hierdie slaggat getrap,” vertel Gerrit. “Vir ses maande het ’n debietorder van R120 deurgegaan waarvan ek niks geweet het nie. As jy dit nie binne drie maande agterkom nie, kan jy nie jou geld terugeis nie.”

Wees bedag daarop dat die manier waarop jy ’n transaksie doen, die bankkoste kan beïnvloed. Aanlyn transaksies en dié by kitsbanke se koste is dikwels laer as in die bank.

BESLUIT OM JOU BANKSTATE DEEGLIK TE LEES
Gaan jou bankstate aan die einde van elke maand noukeurig deur. So merk jy probleme vroegtydig op. Dit kan jou ’n klomp geld op lang termyn spaar. As jou bankkoste te hoog is, kan jy dit oorweeg om van rekening of bank te verander of om jou transaksies anders te doen. Lees ook die fyn skrif voor jy ’n nuwe rekening oopmaak om seker te maak daar wag nie enige verrassings soos hoë koste as jy byvoorbeeld kontant trek nie.

2. Moenie jou finansies aan iemand anders oorlaat nie.

Baie mense dink hulle het nie genoeg kennis oor finansiële sake nie. Hulle sal die besluit in die trustees van die pensioenfonds se hande los omdat hulle dink die trustees weet beter. Wat hulle egter nie weet nie, is dat die trustees die mees konserwatiewe opsie soos die Geldmark sal kies. Die kliënt kry dus nie die maksimum groei uit sy belegging nie. Dit beteken dat hulle baie minder geld gaan hê teen die tyd dat hulle aftree.

Dis baie belangrik vir elke persoon, man of vrou, om ingelig te wees oor hulle geldsake en om self besluite daaroor te neem.

BESLUIT OM JOU FINANSIËLE KENNIS OP TE KNAP
Besoek die webtuiste www.ultimafp.co.za. Daar is ’n sakrekenaar waarmee jy kan uitwerk of jy genoeg geld spaar en tot jou pensioenfonds bydra sodat jy voldoende groei daaruit kan kry.

3. Kyk weer na jou lewenspolisse en mediese fonds

As ’n mens na die advertensies op televisie kyk, lyk dit of jy nooit genoeg lewensversekering kan hê nie. Hoe meer, hoe beter. Reg?

Veral vir jong paartjies wat skuld op eiendom en motors begin aangaan, is dit belangrik om genoeg lewensversekering te hê indien een van hulle iets sou oorkom. Soos jy ouer word, kan te veel lewensversekering egter onnodig raak.

Dis ook belangrik om jou mediese fonds na te gaan en vas te stel of jy te min of te veel dekking het. Jonger mense het gewoonlik nie meer as ’n hospitaalplan nodig nie, maar namate jy ouer word, word groter dekking nodig. Neem egter alle faktore in ag, soos jou familiegeskiedenis van siektes, jou gesondheid, jou stresvlak en jou leefstylgewoontes voor jy besluit op ’n plan of ’n fonds wat vir jou die beste gaan wees.

NEEM JOU VOOR OM JOU POLISSE NA TE GAAN
Dit is belangrik om te bepaal presies hoeveel geld jy regtig tot aftrede nodig het indien jy of jou man iets sou oorkom, en dan van die onnodige lewenspolisse ontslae te raak. Jy kan eerder die ekstra geld gebruik om jou pensioenfonds aan te vul. Vind uit omtrent alles wat jou premies kan beïnvloed.

4. Weet jy of jy uitstaande skuld het?

Elke persoon kan volgens wet een keer ’n jaar gratis na hulle kredietrekord kyk. Baie mense besef nie dat hulle slegte skuld het nie. Dit kan baie moeilikheid veroorsaak as hulle krediet nodig het om byvoorbeeld ’n huis of ’n motor te koop. Slegte skuld bly gewoonlik ook lank op jou naam; dus moet jou doelwit wees om jou skuld so gou moontlik te vereffen sodat jy op ’n skoon bladsy kan begin. Mense met slegte skuld kan gewoonlik steeds skuld maak, maar omdat hulle as ’n hoë risiko beskou word, betaal hulle baie meer rente.

BESLUIT OM JOU SKULDGESKIEDENIS TE ONDERSOEK
Jy kan van webtuistes soos www.mytransunion.co.za, www.experian.co.za en www.xds.co.za gebruik maak om te sien of jou kredietrekord skoon is. Die goeie nuus is dat 70% van mense wat hulle kredietrekords aanvra, dit regkry om van ’n nadelige notering ontslae te raak. As jou naam in die rooi is, werk ’n plan uit sodat jy jou skuld so gou moontlik kan afbetaal.

Volgens Dee Lawler van TransUnion is daar ’n verifikasieproses wat jy moet volg om te bepaal of dit regtig jy is. Dus kan jy nie iemand anders se kredietrekord aanvra nie. As jy slaag, kry jy toegang tot jou rekord. As jy nie die verifikasie slaag nie, word daar van jou verwag om Fica-dokumentasie in te dien.”

As jy moeg is daarvan om elke jaar platsak te wees of jou dood te bekommer oor jou aftrede, is dit nou tyd om beheer oor jou finansies te neem. Lees artikels oor finansiële sake, gaan spreek ’n goeie raadgewer en raak ontslae van slegte skuld en onnodige polisse.

Slide Show Title: 

4 superslim geldbesluite vir 2014

Slide Show Intro: 

Ruk jou finansies in ’n japtrap reg!

Deel/Stuur

Wat jy alles oor finansies moet weet

$
0
0
geld spaar

Watter beginsels pas ons land se top finansiële adviseurs in hulle eie lewens toe en watter lesse het hulle al geleer?

Dink voordat jy geld spandeer

Aneeza Razack, hoof van strategiese groei by FNB se Spaar- en Beleggingsafdeling

“Een ding wat my ouers my geleer het, is dat jy nie iets moet koop as jy nie kontant daarvoor kan betaal nie,” sê Aneeza. “As ek iets nie kan bekostig nie, spaar ek daarvoor. Dis verbasend hoe die gevoel om sekere goed te koop verdwyn as jy eers daaroor nagedink het.”

“Wat vir een persoon belangrik is, is nie noodwendig vir ander ’n prioriteit nie. Vir jou mag dit dalk belangrik wees om voorsiening vir jou kinders se opvoeding te maak, terwyl dit vir jou enkellopende vriendin beter sal wees om haar geld op die aandelemark te belê.”

Om hierdie rede raai Aneeza haar kliënte aan om eers hulle finansiële behoeftes en doelwitte te bepaal voordat hulle geld belê. “Sodoende gaan jy weet waarvoor jy finansiële voorsiening moet maak en watter roete jy moet volg om jou doelwitte te bereik,” sê sy.

Weet wanneer om skuld te maak

Angela Mhlanga, hoof van finansiële konsultasiedienste by Standard Bank

Een ding wat Angela se ouers haar geleer het, is om nie sommer skuld aan te gaan nie. “Jy maak veral nie skuld om luukshede te koop nie.”
“Ek weet egter dat dit vir die meeste van ons nie altyd moontlik is om sonder skuld te lewe nie. Dus hou ek daarvan om van ‘goeie’ en ‘slegte’ skuld te praat om mense te help om oordeelkundig met hulle geld te werk te gaan.”

Vir Angela is ’n huislening die perfekte voorbeeld van “goeie” skuld omdat dit ’n noodsaaklikheid en eintlik ’n bate is waarin jy oor ’n lang termyn belê. “Mits jy die maandelikse paaiement kan bekostig.”

Wat haar eie lewe betref, wens sy dat sy vroeër geweet het wat sy vandag van finansies verstaan. “Ek sou meer effektiewe besluite oor my finansies kon geneem het as ek meer insig in die basiese beginsels, markte en produkte gehad het. Dit help om jou geldsake proaktief te bestuur, en dít help om binne jou vermoë te leef en die skuldstrik te vermy.”

Moenie jou begroting oorskry nie

Anton de Wet, uitvoerende hoof van Nedbank Kliëntediens

Een ding wat Anton se ma hom geleer het, is dat jy in moeilikheid gaan beland as jou maandelikse uitgawes gereeld meer as jou inkomste is. Dít het sy ma voorkom deur haar geld te rek en nooit geld by iemand of vir iemand te leen nie. Daarom moedig hy kliënte aan om ’n realistiese begroting op te stel en daarvolgens te leef.

“Banke het wonderlike hulpmiddels om te help. Met die druk van ’n knoppie kan jy sien hoeveel geld jy werklik inkry en spandeer, en hoeveel jy moet besnoei of spaar per maand om binne jou vermoë te leef.”

Van die finansiële hulpmiddels wat banke bied, kan jou selfs help om uit te werk hoeveel geld jy per maand moet spaar om te vergoed vir agterstallige betalings die vorige maand. “Omdat lewensbehoeftes deurentyd verander, moet jy jou begroting aanpas om voorsiening te maak daarvoor.”
Anton wens hy het vroeër in sy lewe besef hóé belangrik dit is om op ’n jong ouderdom al te begin spaar.

Betaal die duurste skuld eerste af

Johan Gouws, hoof van Absa multibestuur

Die belangrikste ding wat Johan se ouers hom geleer het, is dat daar ’n groot verskil tussen behoefte en begeerte is. “Dis belangrik om te weet watter een van die twee jy besig is om te bevredig voordat jy jou beursie uithaal.”
As jy wel in die skuldstrik beland, beveel Johan aan: “Stel ’n begroting op om te sien hoeveel jy aan jou uitgawes moet en kan besnoei om te begin om jou skuld terug te betaal. Betaal dan eerste die korttermynskuld af, soos jou kredietkaart of persoonlike lening, wat gewoonlik die hoogste rente dra.”

Dit behoort jou kontantvloei te verbeter. “Dan kan jy begin om langtermynskuld, soos jou huislening, vinniger af te betaal, wat jou op die ou end duisende rand aan rente gaan spaar.” Dis juis die “wet” van saamgestelde groei, of die krag van rente op rente, wat Johan wens hy vroeër in sy lewe al verstaan het. “Dink net hoeveel geld jy byvoorbeeld vir jou aftrede kan wegsit as jy al die skuld wat jy het, se rente spaar.”

Dawie Roodt, TV-aanbieder en hoofekonoom by die Efficient Group, som op

“Die eerste reël is: Moenie die stroom volg nie.” As almal geld in ’n myn in die Kongo belê, moet jy dit nie noodwendig doen nie, veral as jy niks van die mynbedryf af weet nie. En dit bring ons by sy tweede en derde reël: “Belê jou geld in dit wat jy ken. Sien ’n gekwalifiseerde finansiële adviseur wat jy kan vertrou as jy nie weet wat om met jou geld te doen nie.”
Om ’n berekende risiko te loop, moet jy jou huiswerk doen. “Banke is net soos winkels. Dieselfde geld vir beleggings. Vergelyk verskillende produkte en finansiële instansies met mekaar. Dis hoe jy ’n ingeligte besluit kan neem.”

Nog ’n goeie beginsel wat Dawie in sy eie lewe toepas, is dat geld vir jou moet werk en nie andersom nie. “Stel ’n begroting op. Leef binne jou vermoë. En onthou dat die meeste beleggings ’n langtermyn- wetenskaplike proses is en nie ’n hot tip nie.”

Slide Show Title: 

Wat jy
alles oor
finansies moet weet

Slide Show Intro: 

Kenners gee nuttige wenke en lesse oor jou geldsake

Deel/Stuur

Top wenke vir finansiële onafhanklikheid

$
0
0
René Grobler

Wanneer ons met selfvertroue aftree net om te besef dat dit finansieel nie meer goed gaan nie.

Vandag spandeer ons meeste van ons tyd by die werk en dan is daar nog goed wat by die huis gedoen moet word. Dis omtrent ʼn besige leefstyl en ons almal werk onself oor ʼn mik. Wanneer ons uiteindelik aftree, besef ons dat ons finansiële status eintlik verskriklik lyk.

Die Women's Institute for a Secure Retirement berig dat vroue 12 jaar minder as mans werk. Volgens ʼn Amerikaanse Sensus Buro is die armmoedekoers vir vroue tussen die ouderdom van 65 jaar en ouer 16%, vergelykende met die 9% van mans van dieselfde ouderdomsgroep.

Studies deur die Visa toon dat een van die mees prominente statistieke vir ons wys dat minder as ʼn derde van Suid-Afrikaanse vroue finansiële adviseurs raadpleeg en minder as 2% belê in direkte aandele.

Daar word ook altyd gesê dat vroue langer as mans lewe. Wel, dan moet ons sekerlik meer geld hê om te spandeer. René Grobler, hoof van kontantbeleggings by Investec dring daarop aan dat ons hierdie statistieke uitdaag en daaraan werk om finansiële onafhanklikheid te verseker.

Daar is soveel inligting om te verstaan en so min tyd om die opsies te oorweeg – baie vroue dink dit is makliker om hulle spaargeld in ʼn gewone bankrekening te sit, maar om jouself finansieel te bemagtig is een van die belangrikste dinge wat jy kan doen, en dit is makliker as wat jy dink.

René se 5 wenke vir finansiële onafhanklikheid

1. Oorweeg kort, medium- en langtermyn-doelwitte
Dalk beplan jy ʼn vakansie of miskien wil jy genoeg kontant hê om daardie naelkurses te gaan doen. Hierdie doelwitte vereis beplanning en begroting. Skep ʼn duidelike prentjie van hoe jy jou geld wil gebruik en dan kan jy ʼn besluit neem.

2. Oefen om te begroot
Skryf vir ʼn maand lank als neer wat jy spandeer, selfs die kleinste bedrae. Skryf ook alle inkomste neer. Die doel hiervan is om seker te maak dat jou inkomste en uitgawes balanseer en dat daaraan werk om jou uitgawes te verminder.

3. Betaal jouself eerste
Dis ʼn goeie begin om jouself te belowe dat jy teen die einde van die maand die geld wat oorbly in jou spaarrekening of belegging sal deponeer, maar soms is daar niks oor nie. Betaal heel eerste geld in jou belegging en jy sal verseker gewoond raak om dit elke maand te doen.

4. Professionele advies is altyd ʼn opsie
Wanneer iemand jou met geldsake help, sodat dit by jou lewenstyl pas, sal dit finansieel baie beter gaan. Jou finansiële adviseur sal jou ook kan help om die regte beleggings en versekering te kies.

5. Jy moet elke jaar jou finansies nagaan
Dit is belangrik om te sien of jy op die regte spoor is, sodat jy jou doelwitte kan bereik. Opsies verander ook jaarliks en daarom is dit belangrik om seker te maak jy ontvang die beste opbrengste.

Foto:
René Grobler werk al vir 7 jaar in die welvaartskepping en beleggingsbedryf waar sy in kontantoplossings spesialiseer.

Deel/Stuur

Spaar slim op jou huisversekering

$
0
0
huisversekering

Betaal jy te veel vir jou huisversekering? Hier is 8 slim stappe om minder daarvoor te betaal.

Met goeie navorsing en kennis kan jy jou versekeringspremies heelwat verlaag. Hier is ’n paar stappe wat jy kan neem.

1. Kyk deeglik rond vir die regte polis

Soos met die perfekte paar skoene, kos dit baie soek om die huisversekeringspolis te vind wat jou pas. Let op hoe polisse verskil; sommige polisse mag byvoorbeeld goedkoper wees vir huise in ’n sekuriteitskompleks. Ander polisse mag duurder wees as jy in ’n laagliggende gebied bly wat ’n groter kans staan om oorstroom te word. Of nog erger: Die fyn skrif mag lees dat die polis glad nie vir waterskade betaal nie. In die geval van alle polisse is grasdakke duurder om te verseker as teëldakke. Kry kwotasies by soveel versekeringsmakelaars as moontlik en vergelyk hulle deeglik op alle punte.

2. Hou jou lys van gedekte besittings op datum

Jou polis mag dalk sekere besittings dek wat jy nie meer het nie, byvoorbeeld die duur skildery wat jy verlede jaar verkoop het. Deur hierdie besittings van jou polis af te verwyder sal jy jou premies verlaag. Dit is ook nie beperk tot besittings nie. As jou swembad gedreineer is en nie meer in gebruik is nie omdat die kinders uit die huis is, verwyder dit ook van jou polis af.

3. Hersien jou polis een keer ’n jaar

Dit klink dalk na onnodige moeite, maar dit is belangrik. In een jaar verander die waarde jou huis en die inhoud. Baie verbruikers weet ook nie hoekom hulle premies styg nie. Die rentekoers mag dalk hoër wees as wat jy dink. Jou spesifieke polis mag dalk ook nie meer nommerpas wees vir jou spesifieke behoeftes nie. Nuwe versekeringsprodukte kom gereeld op die mark; daar is moontlik een wat jou beter sal pas as jou huidige polis.

4. Vra jou makelaar of maatskappy vir afslag

Die versekeringsmark in Suid-Afrika is baie kompeterend en versekeringsmaatskappye of makelaars sal baie moeite doen om hulle kliënte te behou. Jy sal verbaas wees oor hoe ver jy kom deur bloot vir ’n goedkoper premie te vra. As jou makelaar weet dit is een van jou hoogste prioriteite, kan hy jou daarmee help. Direkte versekeringsmaatskappye sal ook gewillig wees om ’n goedkoper kwotasie te probeer verbeter as jy daarvoor vra.

5. Nog ’n rede om op te hou rook

Daar is baie versekeringsmaatskappye wat beter premies bied vir kliënte wat kan bewys dat hulle nie rokers is nie. Maar voordat jy jou vererg omdat jy huisversekering en nie ’n mediese fonds wil hê nie, dit gaan nie oor jou gesondheid nie. Versekeringsmaatskappye het bevind dat daar meer brande in rokers se huise ontstaan as in nierokers s’n. Dus is rokers se huise groter sekuriteitsrisiko’s en is maatskappye langtand om hulle te verseker.

6. Verbeter jou kredietrekord so veel as moontlik

Jou kredietrekord tel beslis wanneer jou versekeringspremie bereken word. In die versekeringswêreld beteken swak bestuur van jou finansies dat jy makliker ’n versekeringseis sal instel. Daar is geen beter maatstaf vir iemand se finansiële bestuursvermoë as hulle kredietrekord nie. Wees dus versigtig vir skuld, want dit raak jou op meer vlakke in jou lewe as wat jy dink. Jy spaar in die toekoms dalk op jou premies bo en behalwe wat jy op die rente van die skuld spaar.

7. Maak seker jou huis is veilig vir laer premies

Hoe groter die moontlikheid dat jy kan eis, hoe hoër gaan jou premie wees. Kry diefwering vir die vensters, ’n behoorlike alarmstelsel en veiligheidshekke by al die deure, ook die skuifdeur wat na die stoep lei. Om jou huis se sekuriteitsrisiko te verlaag eindig nie by maatreëls teen inbrake nie. Wees bewus van die kraak in die huis se fondament of daardie swaar tak wat net wag vir ’n sterk wind om ’n gat in jou dak te val. Dit alles stoot die premies op. Daarby sal baie polisse nie vir die skade betaal wat die gevolg is van ’n gebrek aan instandhouding nie.

Spaar om self vir klein noodgevalle te betaal

Nog iets wat versekeringsmaatskappye in ag neem as hulle jou premies bereken, is hoeveel eise jy al in die verlede ingestel het. As jy min of geen eise ingestel het nie, sal jy dikwels laer premies betaal as iemand anders wat al meer geëis het. Daar is ook die maatskappye wat vir jou ’n bedrag terugbetaal as jy een jaar lank nie geëis het nie. As jy op huisversekering wil spaar, is dit dus ’n goeie idee om self vir kleiner herstelwerk te betaal. Trouens, dit is nooit ’n slegte idee om te spaar vir noodgevalle nie. Laastens, maak natuurlik seker jy lees die fyn skrif en dat jy weet wat die terme beteken wat makelaars en versekeringsmaatskappye gebruik. Dit sal jou lewe baie makliker maak.

Category: 
Deel/Stuur

Sit agteroor en word maklik ryk


Spaar slim met lojaliteitskaarte

Begrafnisreëlings: Weet wat is wat

Waar kan jy die goedkoopste uiteet?

$
0
0
goedkoopste restaurant

Soms wil julle gesin graag gaan uiteet, al is dit nog ver van betaaldag af. Hoe kies jy die regte restaurant?

Hier vergelyk ons die pryse van sekere geregte sodat jy weet waar jy die goedkoopste kan regkom.

1. Hoe die pryse vir ontbyt met mekaar vergelyk

WIMPY: Die mees ekonomiese opsie is die Streaky Breakfast vir R23,00. Dit is twee gebakte eiers, spek en skyfies asook gebraaide tamatie en roosterbrood.
PANAROTTIS: Hulle het ’n goedkoop ontbyt vir R24,90. Dit is ’n ontbytpizza met roereier, kaas, spek en tamaties op. Jy kan ook ’n gewone ontbyt kry met twee gebakte eiers, spek, kaasworsies, ’n gebraaide tamatie en roosterbrood.
MUGG & BEAN:Hulle On the Go-ontbyt kos R29,90. Dit is twee gebakte eiers, spek, gebraaide tamatie en ’n sny roosterbrood. As jy ’n gesonde opsie wil hê, kan jy hulle Tropical Breakfast probeer. Dit ’n vars vrugteslaai met jogurt, muesli en heuning vir R51,90.

2. Waar om die goedkoopste steak te eet

SPUR: Die sirloin en rump steak gaan jou R89,90 kos. Jy kry uieringe by en kan kies tussen skyfies, gebakte aartappel of rys. Jy het natuurlik ook die opsie om dit eerder saam met ’n slaai te kry.
DROS:By Dros kos beide die rump en die sirloin R91,95. Weereens kry jy uieringe met ’n keuse tussen dieselfde styselopsies as by Spur.
CAPE TOWN FISH MARKET: As jy jou ooit in ’n seekosrestaurant bevind, maar eerder vleis wil hê, wees gerus. Die sirloin-steak hier gaan jou R112,00 kos. Dit word bedien met uieringe en ’n keuse uit ’n verskeidenheid disse, waaronder skyfies, geroomde spinasie, groente en jong aartappels.
SPESIALE AANBIEDINGE:Op Woensdae is daar ’n aanbod by Spur waar jy ’n steak met kaas en sampioensous bo-op vir R69,90 kan kry.

3. Die keuses vir die mees ekonomiese pizza

MIMMOS: Die medium grootte Margherita kos R34,90 en ’n medium Regina R46,90.
PANAROTTIS:Hulle pizzas word verdeel in Classic en Gourmet. Daar is verskeie opsies, maar ’n Margherita in die standaardgrootte gaan jou R48,90 kos. Die Regina-pizza (ham en sampioene) kos R62,90.
DROS:Daar is ’n groot verskeidenheid vir ’n restaurant wat meer op vleisbraai fokus. Hier gaan ’n Margherita jou R55,95 kos en ’n Regina R73,95.
SPESIALE AANBIEDINGE:

  • Panarottis het op Donderdae ’n all-you-can-eat-aanbod vir R64,90 en R39,90 vir kinders onder twaalf. Dit begin vyfuur in die middag. Kinders onder twaalf eet ook verniet op Sondae. Op Dinsdae kan jy vir elke Gourmet-pizza ’n klassieke een verniet kry.
  • Mimmos: Op ’n Maandag kan jy enige medium pizza vir R39,90 kry.


4. Watter restaurant se burger is die goedkoopste?

WIMPY:’n Wimpy-burger kos R41,00, terwyl die kaas- en hoenderburger elk R48,00 kos.
DROS:Die gewone burger met skyfies en uieringe kos R54,90. Jy kan ook een van hulle combo-burgers probeer. Die Stellenbosch Combo Burger kos R68,95. Dit is ’n steak en hoenderborsie op ’n burger met kaassous en spekstukkies bo-op.
SPUR:Die gewone Spur-burger kom in bees of hoender vir R56,90 en jy kry uieringe en skyfies by. Jy kan ook die burger en Coke-combo kry vir R71,90.
MUGG & BEAN:Die BBQ-burger kos R62,90 en dit word met skyfies bedien. As jy dalk lus is vir iets anders, kan jy hulle Black and Blue Burger probeer. Dit kos R68,90 en die burger het spek en ’n bloukaassous bo-op.
SPESIALE AANBIEDINGE:Op ’n Maandag kry jy ’n gratis burger by Spur as jy een bestel. Hier het jy ’n keuse tussen hulle bees-, hoender-, rib- en soja-burger.

5. Die beste keuses vir vis, calamari en soesji

JIMMY’S KILLER PRAWNS: Vir vis en skyfies gaan jy hier R55 betaal, terwyl calamari R74 kos. Vir California Rolls kos dit van R34 af vir vier stukkies afhangende van watter tipe vis jy kies.
OCEAN BASKET:Die vis en skyfies kos R68. As jy eerder lus is vir calamari, kos dit jou R73. As jy soesji verkies, kan jy agt stukkies California Rolls kry vir R34.
JOHN DORY’S: Die Catch of the Day word met skyfies bedien en kos R95. Vir calamari gaan jy R89 betaal. Hulle agt stukkies soesji kos R69.
CAPE TOWN FISH MARKET: Die vis van die dag met skyfies by kos R100. Die stokvis en skyfies kos R70 en calamari kos R88. As dit by soesji kom, kry jy vier stukkies California Rolls vir R35.

Soos met alles moet jy self besluit watter restaurant jy verkies. Die waarde van sekere geregte kan aansienlik verskil, sodat dit dikwels onmoontlik is om dit presies te vergelyk. Onthou ook dat drankies die rekening op die ou einde baie kan opstoot.

Deel/Stuur

Kies die regte mediese fonds

$
0
0
Hospitaalplan
Deel/Stuur

Die beste internetplan vir jou huis

$
0
0
internet vir jou huis

Die internet het die wêreld vir ons almal oopgemaak, maar dit kan jou ’n aardige bedrag uit die sak jaag.

Die dae dat jy vir ’n ou modem moes wag om uiteindelik aanlyn te kom, is lankal verby. Daar is nou ’n reeks oplossings om uit te kies. Ons help jou om die opsie te kies wat by jou leefstyl pas.

Wat moet ek weet voor ek ’n internetplan kies?

Advertensies gebruik soveel terme dat dit enigiemand se kop kan laat draai.

Capped beteken dat daar ’n perk is op jou internetverbruik. Jy kry ’n sekere hoeveelheid data per maand, byvoorbeeld 10 GG (GB), vir ’n sekere bedrag. Dit is die geval by selfoon- of mobiele data. Dit is gewoonlik goedkoper en die prys hang af van hoeveel data jy koop. Jy koop dit in databondels wat jy kan gebruik net soos jy wil.

Uncapped beteken die teenoorgestelde, naamlik dat daar geen perk op jou data is nie. Jy betaal ’n spesifieke bedrag en teoreties gesproke kan jy dan die hele maand die internet gebruik. Wees egter versigtig hiervoor, want baie internetverskaffers maak jou konneksie baie stadiger sodra jy ’n sekere hoeveelheid data ’n maand gebruik het.  

Watter internet plan is geskik vir my?

Hoe gereeld gebruik jy die internet?

Min

Jy stuur meestal net eposse en gebruik internetbankdienste
Die beste opsie vir jou is mobiele data vir jou tablet of selfoon. Jy kan ook ’n USB of WiFi-modem koop wat met ’n simkaart werk en wat jy saam met jou rekenaar kan gebruik.

VOORDEEL:Jy het nie ’n landlyn nodig nie en jy kan databondels koop soos dit jou pas. Jy kan dit ook saam met jou neem oral waar jy gaan.

NADEEL: Dis baie stadiger as ADSL.

KOSTE: Oor die algemeen word een megagreep (MB) goedkoper namate jy groter en groter databondels koop.

Die opsies vir byvoorbeeld 1 GG data is:

  • Vodacom: R149,00
  • Cell C: R149,00
  • MTN: R149,00 (maar jy kry 1 GB gratis vir 30 dae)
  • Telkom Mobile: R119,00


Gereeld

Jy is heeltyd op sosiale media of doen navorsing
Jy sal ADSL deur jou landlyn moet kry. Die ADSL-kabel loop deur jou telefoonkabel en word met ’n roeteerder in WiFi vir jou hele huis omskep.

VOORDEEL: Dit is baie vinniger as mobiele data en dit is altyd aan in jou huis. Die stadigste lyn is al klaar baie vinnig; jy kan ’n ADSL-lyn van so vinnig as 20 Mbps kry. Die meeste ADSL-planne is nou uncapped, wat jou dus onbeperkte toegang tot die internet gee.

NADEEL: Jy het ’n Telkom-telefoonlyn nodig.

KOSTE: Jou landlyn kos R157,00 per maand. Daarbenewens betaal jy ’n bedrag aan jou internetdiensverskaffer, wat ’n subskripsiefooi en toegang tot die ADSL-lyn insluit.

Opsies vir ’n uncapped subskripsie wat die 2 Mbps ADSL-lyn (Telkom-lyn) insluit:

  • MWeb se standaardpakket: R339 per maand
  • Cybersmart vir R349 per maand
  • Telkom se basiese pakket gaan jou R354 per maand kos
  • Imaginet vir R439 ’n maand.

Voordat jy ’n plan kies, maak seker van die netwerkdekking in jou area. Dink ook goed na oor hoeveel bandwydte jy in ’n maand gaan gebruik en watter toerusting jy kan bekostig om te koop.

Deel/Stuur

Kies só ’n tweedehandse motor

$
0
0
tweedehandse kar
Deel/Stuur

Só moet jy met jou geld werk

$
0
0
dawie roodt
Deel/Stuur

Finansiële sekuriteit vir elke lewensfase

$
0
0
finansies

In elke lewensfase is daar sekere finansiële moets en moenies. Kyk só na jou finansiële toekoms.

In jou 30’s

Teen dié tyd is jy moontlik getroud, sê Karin Muller, hoof van Sanlam Groeimark-oplossings, en hoe gouer paartjies besluit hoe hulle geldsake gaan werk, hoe beter.

HOU OP OM... gesprekke oor finansies te vermy. Dis belangrik dat julle mekaar se benadering tot geldsake verstaan en bespreek. Dink ook aan moontlike oplossings indien een van julle se inkomste skielik sou wegval.

HOU AAN OM... polisse te betaal. Dis dalk nie lekker dinge om te bespreek nie, maar lewensversekerings- en ongeskiktheidspolisse is belangrik as jy afhanklikes het.

BEGIN DADELIK OM... goeie spaargewoontes in jou lewe te vestig. Jy gaan later die vrugte pluk omdat jy ’n tydhorison het en voordeel kan trek uit langtermynbelegging. Hoe langer jy spaar, hoe meer waarde kry jy uit saamgestelde rente. As jy nog nie ’n finansiële plan het nie, kry een! Dis raadsaam om professionele hulp hiermee te vra.

In jou 40’s

In jou 40’s verdien jy moontlik al ’n gerieflike salaris en het afhanklikes. Natalie Taylor van LearnVest Planning Services verduidelik hoe jy nou na jou geldsake moet omsien.

HOU OP OM... onnodig geld uit te gee. Baie mense verval tydens hierdie lewensfase in ’n patroon van oorspandering. Jy het moontlik reeds na groot aankope, soos jou huis en motor, omgesien, en op die finansiële front is dinge effens eenvoudiger. Maar dink twee keer voor jy op daardie drie weke lange vakansie na Tahiti gaan of duur veranderings aan jou huis aanbring. Jy hoef niemand te beïndruk nie. Hou eerder jou finansies gesond.

HOU AAN OM... te spaar. Maak seker jou aftree- en spaarplanne is gesond. Onthou om altyd heel eerste skuld af te betaal en dan te spaar. Dis ook ’n goeie idee om ’n noodfonds op te bou vir onvoorsiene uitgawes.

BEGIN DADELIK OM... meer op jou beleggings te fokus. Dis belangrik om met ’n doelwit in gedagte geld te belê. Dit beteken dat jou beleggings vir iets spesifieks, soos studiegeld, moet wees. Doen dit saam met jou finansiële adviseur, maar verbreed ook jou eie finansiële kennis.

In jou 50’s

Welkom by die “toebroodjie-fase”, waar jy vasgevang voel tussen die verpligting om vir jou kinders aan die een kant en vir jou ouerwordende ouers aan die ander kant te sorg, verduidelik Natalie.

HOU OP OM... jou kinders se behoeftes bo jou eie te stel. Al voel dit vir jou of jou finansiële verpligtinge toutrek tussen jou kinders en ouers, is dit reg om jouself finansieel eerste te stel. Jy het nog heelwat geldsake om in orde te kry en te hou, soos aftrede en die langtermynversorging van jou en jou lewensmaat, ’n huispaaiement en beleggings, om maar enkeles te noem.

HOU AAN OM... jou spaar- en beleggingsdoelwitte te evalueer. Jou aftrede is nou baie naby –tussen vyf en vyftien jaar. Daarom moet jy nou alles gee en so aggressief moontlik spaar. Hoe nader jy aan aftrede kom, hoe groter moet jou noodspaargeld wees. Dis ook tyd om jou beleggings te verander van net groei, tot ’n kombinasie van groei en ’n inkomste gee.

BEGIN DADELIK OM... vandag vir die volgende 20 tot 30 jaar te beplan. Maak seker jou mediese versekering is omvattend genoeg om ook langtermynversorging in te sluit. Hersien weer jou testament om seker te maak die begunstigdes is bewus van jou lewensversekerings- en aftrederekeninge.

Deel/Stuur

Hartseer einde aan Karlien se sprokieshuwelik

Viewing all 37 articles
Browse latest View live